Kar huur in Suid Afrika het in die laaste aantal jare geweldige groei getoon. Met die pas afgelope wȇreldsokker beker wat hier plaasgevind het is die kollig op al die provinsies geplaas.
Van Kaapstad wat as hoof toeriste aantreklikheid Tafelberg en Robbeneiland gehad het tot in die noorde met Polokwane en die rustige bosveld. Die Kaap is ook jaarliks die gasstad vir Suid Afrika se grootste Jazzfees wat talle buitelandse kunstenaars lok.
Baie van die toeskouers het van die geleentheid gebruik gemaak om die land te deurreis.Port Elizabeth het bewys dat dit die vriendelike stad is en mense het met groot afwagting die reuse duine by Maitland en die Addo Olifant Park besoek.
Durban wat as die warm winter stad bemark was het nie teleur gestel nie.
Bloemfontein was ‘n ander saak en is altyd yskoud so meeste Europese spelers was baie tuis hier.
Rustenburg was ewe populȇr by spelers en gaste, seker omdat reg langs Sun City en die Pilansberg wildtuin is.
Nelspruit met sy tropiese klimaat en uitbundige skares asook die bekende Kruger Wildtuin het almal se stoutste verwagtinge oorskry.
Johannesburg of te wel Egoli – die plek van goud. Dit was hier waar dit begin en ook geëindig het.



