As jy gaan kyk na motor huur in Pretoria, sal jy stom van verbasing staan deur alles wat beskikbaar is in die stad. Op kulturele gebied is daar werklik baie te sien en te doen waarvan die Voortrekker Monument seer sekerlik die mees bekende is. Die Monument is gebou om die Voortrekkers en die Groot Trek uit te beeld en te gedenk. Die Monument is deur die bekende argitek Gerard Moerdijk ontwerp en herdenk die slag van Bloedrivier wat op 16 Desember 1838 plaasgevind het Op 16 Desember elke jaar om presies 12uur middag skyn die son deur die sarkofaag tot op die woorde “ Ons vir jou Suid Afrika”
Daar is vele geboue wat deur sir Herbert Baker ontwerp was waarvan die Uniegebou sekerlik die bekendste is en eweveel deur politisie en verliefdes besoek word.
Die Staatsteater in Pretoria is een van die grootste en bekendste teaters in ons land. Hier word van blyspele tot groot baletuitvoerings aangebied.
Almal in Suid Afrika is ook bewus van die Kerk Plein in die middestad met die standbeeld van Paul Kruger.
Pretoria is ook ryk aan museums soos die Sammy Marks museum net buite Pretoria en Smuts Huis. ( Huis van Jan Smuts )



