Kar huur in Pretoria, ai was dit maar so maklik, maar wag; dit is! Om ‘n kar te huur in Pretoria bied u oplossings vir ‘n wye verskeidenheid van u probleme, soos om op die nippertjie vervoer te vind na een van die talle groot gebeurtenisse in en om ons stad. Pretoria is die uitvoerende gesagsetel van die Parlement van ons land en aldus gebeur daar baie in die stad.
Loftus Versveld is die tuiste van een van die grootste rugbybonde naamlik die Blou Bulle. Dit is al om bekend dat dit naas onmoontlik is om die Bulle op hul tuisveld te klop. Die kinders word van kleins af in die sport onderrig soos duidelik blyk uit die sterkte van rugby by skole soos Menlyn; Pretoria Boys High en Pretoria Seuns Hoёr.
Pretoria het ook al verskeie sterk swemmers gelewer waarvan tans die mees bekende Cameron van den Burg is.
Pretoria is ook baie bekend vir die navorsing wat by die LC de Villiers opleindings sentrum van die Universiteit van Pretoria gedoen word. In Pretoria is sport op almal se lippe en jy kan bykans enige sport hier doen. Roodeplaat Dam is veral gewild vir regattas en drie- en vyfkamp toernooie. Roodeplaat Rowing het al die Afrika Kampioenskappe in roei vir juniors en seniors hier aangebied.



