Port Elizabeth is nie net ‘n plek van vermaak nie, hier is ook ‘n sterk groeiende ekonomie aan die ontwikkel. Motor huur in Port Elizabeth voel so half onvanpas aangesien die fabriek van Volkswagen SA en Audi net buite die stad geleë is. Dit is een van die grootste fabrieke naas Duitsland en stel SA in staat om uitvoere na bykans enige plek ter wêreld te doen. ‘n Ander motor vervaardiger hier is General Motors. Kontinentale Bande en battery vervaardigers is ook hier gevestig.
Port Elizabeth het ook met sy eie sout onttrekking van seewater aanleg wat wel ‘n verligting bring wanneer daar ‘n water tekort is.
Port Elizabeth se hawe spog met die grootste erts lading fasiliteit in die suidelike halfrond.
Die vervoernetwerk in die stad is goed en selfs die Apple Express loop weer, ongelukkig net as ‘n toeriste aantrekking.
‘n Tweede internasionale hawe is tans onder konstruksie by Koega en sal groot steun verleen aan bykomende industrieë. Koega is een van die industrieёle gebiede wat deur die regering as ekonomiese groeipunte geoormerk is teen ‘n bedrag van so om en by 20 Biljoen rand. Port Elizabeth is nog ‘n ongeslypte diamante en moet nie onderskat word nie.



