Port Elizabeth word herken deur vele name; die vriendelike stad, die winderige stad, Die Baai of sommer net PE. Hier kan jy na hartelus baljaar en kies en keur waarmee jy jou tyd wil verwyl. Kar huur in Port Elizabeth is waar jy moet soek om dié dinge so maklik moontlik te maak.
Port Elizabeth word na verwys as die hoof watersport stad van die land. Hier word selfs jaarliks ‘n vlot kompetisie tussen die studente van die universiteit gehou. PE is ook sterk in rugby, krieket en seilvaart en het name soos Graeme Pollock, Danie Gerber, Schalk Burger en die mees onlangse bekende persoon – Danny Jordaan opgelewer. Met die polemiek of Oostelike Provinsie as deel van die Super 14 moet wees of nie, gaan die gebied nog lank in die nuus bly asook baie besoek word.
Port Elizabeth is geleё reg aan die einde van die baie bekende Tuinroete. Hier kan jy jouself verlus in die dophou van walvisse en dolfyne.
Die stad spog met vele ou geboue wat goed gerestoureer en in stand gehou word.
Hier is onder andere die kloktoring; die marklokaal waar daar aan die begin van die vorige eeu handel gedryf was met volstruisvere asook wol.



