Om Grahamstown te ontdek moet jy 'n motor huur vanaf Port Elizabeth lughawe

As jy na Afrika se fees kapitaal toe wil gaan, sal jy na Port Elizabeth toe moet vlieg aangesien daar nie direkte vlugte is na Grahamstown toe nie. Maar dit is gelukkig heel maklik want jy kan ‘n motor huur by Port Elizabeth lughawe en direk van daar af deur ry. Die mees bekende fees in Grahamstown is die Nasionale Kuns Fees. Die fees was deur professors van Rhodes Universiteit daar gestel om as ‘n lewende monument aan die 1820 settelaars te dien. Die eerste een het in 1974 plaasgevind en het vinnig gegroei tot bykans die grootste in die Suidelike Halfrond. Die fees het ook gedurende die apartheid jare plaasgevind en was ‘n plek vir kunstenaars om, ten spyte van die politiese klimaat, hulle kunste uit te beeld onafhanklik van hulle vel kleur. Die fees behels alles van sangers tot en met toneelspel. Daar is ook heerlike eetgoed wat eie is aan Suid Afrika en moontlik ook aan die studente waaruit die dorp grotendeels bestaan. Grahamstown is a klein dorpie met groot gees so moet nie die plek onderskat wanneer jy fees toe gaan nie. Bespreek vir jou ‘n hotel of ‘n kampeer plekkie en laat jou hare los!

ShareThis