Kry eerste klas kar huur by Port Elizabeth lughawe

Wanneer jy in kom om te land oor Port Elizabeth, kyk bietjie af na die ligtoring en die piramied wat gebou is as gedenkstene vir Elizabeth Donkin. Maak dan seker dat jy gebruik maak van die eerste klas kar huur by Port Elizabeth lughawe en gaan ontdek vir jouself die liefdesverhaal van die dorpie wat na haar vernoem is. Rufane Donkin was die seun van ‘n generaal en nadat hy in twee regimente gedien het, is hy terug na Engeland om vrou te soek. Hy het verlief geraak op Elizabeth Markham wie se familie in die bediening gestaan het, en hulle is in 1815 getroud. Rufane is toe Lt-Generaal gemaak en na Indie gestuur. Elizabeth het hom vergesel. Na die geboorte van hulle eerste kind het sy nooit herstel nie en is kortliks daarna oorlede. Rufane was hartgebroke. Weens die hitte in Indie moes hulle vir Elizabeth dadelik begrawe en Runfane is terug Engeland toe met haar gebalsemde hart. Op sy pad terug is hy onderskep en na Suid Afrika gestuur om Lord Somerset se posisie te vul. Hy is na Algoabaai om Britse immigrante te verwelkom en het besluit om ‘n hawe daar te stig en dit Port Elizabeth te noem in aandenking van sy oorlede vrou. Rufane het later weer getrou maar kon nooit van Elizabeth vergeet nie. Hy het selfmoord gepleeg in 1841 op die herdenking van haar dood. Hy is saam met met haar gebalsemde hart begrawe.

Die piramiede wat vandag te sien is is in 1820 in Donkin Reserwe gebou. Die ligtoring was in 1861 gebou.

ShareThis