Suid Afrika is hoogs bekend vir die asemrowende natuur en wild wat sonder veel moeite opgespoor kan word. Die beste plek om diere te sien en lekker te ontspan is sekerlik die Kruger Wildtuin. Die Wildtuin se Pretoriuskop hek is naby aan die lughawe so dit is heel eenvoudig om ‘n motor te huur by Nelspruit lughawe en binne ‘n uur daar te wees. Dit word voorgestel dat jy ‘n 4x4 motor huur sodat jy voordeel kan trek uit die baie 4x4 roetes in die Wildtuin. Pretoruiskop is die Wildtuin se vyfde grootse kamp en kan 350 gaste in 145 hutte behuis. Skukuza is die hoof kamp van die Wildtuin en offer geriewe soos ‘n OTM, biblioteek, mediese hulp, restaurante en ‘n vulstasie. Skukuza het ook konferensie fasiliteite vir 158 afgevaardigdes. Daar is ook ‘n 9 putjie gholfbaan en die akkommodasie wissel luuks tot standaard. By Skukuza kan ‘n mens op wilduitstappe as ook wildsritte saam met die Wildtuin se wildsgidse gaan. Al die groot vyf is te siene in die Kruger Wildtuin. Nog ‘n hoogtepunt van Skukuza is die vlermuise wat nes maak onder die winkel se afdak as ook die nagapies wat daar in die bome rond klouter.



