Nelspruit is vernoem na die Nel broers en is in 1905 gestig. Dit is tans die hoofstad van Mpumalanga. Nelspruit was al die jare bekend vir tabak en sitrus verbouing, maar in die laaste paar jaar het besighede so vinnig gegroei dat feitlik alles wat aan die rand beskikbaar is hier ook voorkom. Motor huur in Nelspruit is ‘n uitvloeiing van die vinnige ontwikkeling van dienslewering aan die gebiede asook aan Mosambiek.
Suikerplantasies en die verbouing daarvan speel ook ‘n belangrike rol in die Laeveld.
Hall and Sons het so gegroei dat dit vandag een van die grootste uitvoerders is van sitrusprodukte asook neute. Die werkverskaffing geleenthede het ook drasties uitgebrei as gevolg hiervan.
Tropiese vrugte soos avokadopere , lietsjies en veselperskes word ook hiervandaan uitgevoer.
Verder bied Nelspruit uitstekende mediese fasiliteite wat vir die hele omgewing tot voordeel strek. Hier is hulle dan ook goed toegerus om met siektes soos malaria, bilharzia en slangbyt te deel.
Die navorsing wat op plante en gewasse gedoen word in die streek het grotendeels daartoe bygedra dat die Nelpruitse Botaniese tuin vandag met ‘n eie reënwoud spog en gereken word tweede beste naas Kirstenbosch Botaniese Tuine in Suid Afrika.
Die Laeveld is beslis ‘n moet sien.



