Kar huur in Nelspruit. is gelykstaande aan pret. Van oos na wes; noord na suid is daar vele om jou mee besig te hou. Van Kaapschehoop waar daar enig in Suid Afrika nog wilde perde is. Die dorpie lê op die platorand en hiervandaan kan ‘n mens die dorpie Barberton sien wat eens op ‘n tyd aktief goud ontgin het.Dit is ook waar Jock of the Bushveld sy ontstaan gehad het.
Kyk jy na die anderkant van Nelspruit sien jy die pragtige en vinnig groeiende dorp Witrivier. Witrivier is die kunsmekka van die Laeveld met bekendes soos Zakkie Eloff en die Bosch familie. Dis ook die hoofpad na Gods Window en Bourkes Luck en die Nasionale Kruger Wildtuin. Die kant toe is ook Sabie met sy vele watervalle soos die Mac Mac en die Bridal Veil valle. Die ou gerestoureerde dorpie van Pelgrimsrust, waar jy maklik teruggly in tyd. Daar word tans nog goud ontgin deur die panmetode uit die rivier.
Anderkant van Nelspruit is Malelane wat in die vorm van ‘n wawiel gebou is. Hier word ook die groot golf toernooi The Jock jaarliks aangebied. Die area is ook gewild onder fietsryers. Dit is die hoofroete na Mosambiek vanaf Gauteng.



