Jy kan met gemak 'n kar huur by Nelspruit lughawe

Daar is ‘n paar redes om Nelspruit te besoek: dit is lekker warm en die tropiese vrugte is heerlik, maar iets wat jy altyd sal onthou van Nelspruit, en wat jou definitief oor en oor sal laat terug kom is die Laeveld Nasionale Botaniese Tuine. Jy kan met gemak ‘n kar huur by Nelspruit lughawe en na die 159 hektaar tuine gaan kyk. Die tuine het twee riviere wat daar deur loop: die Krokodil Rivier en die Nels Rivier. Alhoewel die twee riviere albei met mag deur die tuine vloei kom hulle rustig bymekaar in ‘n poel in die tuine. Die mees besonderse aspek van die tuine is dat daar aan die ooste oewer van die Krokodil rivier ‘n tropiese reënwoud is, een van laastes in Afrika. Daar is meer as 2600 verskillende plant spesies waarvan 600 natuurlik in die tuine plaasvind. Daar is ook 650 inheemse boom spesies en sikadeë wat honderde jare oud is. Pak vir jou ‘n piekniek mandjie en sit rustig in die skaduwee van die reuse bome en geniet die edelsteen van die Laeveld. Dit is onwettig sikadeë te besit sonder om ‘n permit te kry wanneer jy die spesifieke broodboom koop. Die broodboom moet dan geregistreer word.

ShareThis