As jy 'n kar huur in Midrand is alles naby

Kar huur in Midrand beteken net een ding; jy is op jou voete en nou soek jy vervoer. Midrand is werklik die middelpunt van die Witwatersrand en omdat dit so sentraal is kan jy vandaar in ‘n relatiewe kort tyd by jou bestemming uitkom. Midrand is omring deur ‘n netwerk van hoofpaaie en snelweë. Midrand is een van die mees suksesvolle plaaslike owerhede as gevolg van die snelle groei van die gebied. Dit is ook een van die jongste munisipaliteite en is eers in 1981 as dorp verklaar.Midrand het talle fabrieke en nywerhede en het ook Grand Central Lughawe. Die mees populêre plek is Kyalami. Op Kyalami word gereeld toetse op verskeie motors gedoen en word daar wedrenne vir motors en motorfietse gehou. Kyalami word ook gebruik as uitstal area vir veral groot uitstallings.

Gallagher Estates is wêreldwyd bekend as een van die beste konferensie lokale met al die nodige fasiliteite. Daar is 15 hotelle om Gallagher Estates.
Die PAN Africa Parlement is ook in Midrand. Die gebied lok jaarliks duisende besoekers wat ons ekonomie bevorder veral in die gebied asook Sandton wat letterlik aanmekaar grens.
Midrand het talle institute wat tersiêre opvoeding aanbied en omdat dit so toeganklik is, is dit ook toegangbaar vir mense wat in die naby geleë informele woongebied woon.

ShareThis