Om van Midrand tot in die oopte van die natuur te kom is werklik vinnig aangesien Midrand so sentraal geleë is en slegs 47km van Hartbeespoortdam. Hier kan jy na hartelus baljaar reg deur die jaar en selfs 4x4 roetes aandurf. Gaan soek gerus maar vir motor huur in Midrand as jou voertuig dit nie sal maak nie.
Vir meeste van die fynproewers onder ons is ‘n besoek aan Margaret Roberts se kruieplaas ‘n absolute moet. Hier kan jy jouself verlus in die kleure reuke en geure.Word ook ingelig na die medisinale gebruik van kruie.
Natuurmens hier is nog baie te doen; soos om olifante te voer, te ry en te streel. Dis ‘n hele dag se uitstappie.
Seer sekerlik een van die mooiste en mees bekende plekke hier rond is die De Wild jagluiperd rehabilitasie senter. Hier word jagluiperds wat bedreig is geteel en die beseerdes versorg.
Weliswaar net ‘n ent van Midrand is die Leeupark waar jy met die leeuwelpies kan speel asook die kameelperde voer. Hier is ook wildehonde en ‘n paar luiperds en jagluiperds.
Gedurende die wintermaande is die warmlugballone ‘n gereelde gesig in en om hierdie gebied. Bederf jouself met so ‘n vlug en geniet daarna ‘n sjampanje ontbyt.



