Jy kan 'n motor huur in Suid Afrika om groot distansies te ry

In Suid Afrika het motor huur ‘n winsgewende bedryf geword met die ekonomie wat nie so ‘n groot duik gevat het as Amerika en Europa nie. Motor huur in Suid Afrika is baie gerieflik veral in aggenome dat ons uiters groot distansies het en dit nie juis moontlik is om van openbare vervoer gebruik te maak nie.

Meeste sakemanne sal van stad tot stad vlieg en dan ‘n motor huur op die lughawe. Soms moet daar dan nog distansies van drie tot vierhonderd kilometer ver gery word.

Suid Afrika is geweldig ryk aan minerale en edelmetale. Ons grootste bates is goud, platinum, diamante, uraan asook steenkool. Steenkool word omskep in hoofsaaklik brandstof. Mynbou is die gans wat die goue eiers lȇ in Suid Afrika. Tydens die oliekrises en die stygende oliepryse het goud en platinum ook geweldig geklim.

Ons verwek ons eie kernkrag. Ystererts word ook uitgevoer.
Suid Afrika is ook selfonderhoudend wat vrugte, groente, gewasse en vleis aan betref.

In die Laeveld word sitrus en tabak verbou en in die Kaap provinsie by Ceres vrugte soos appels, pere en vele meer. Suid Afrika beleef ook ‘n opgang in die verkope van volstruisvere vir die nuutste modegier en die vleis vir die gesondheidsbewustes.

ShareThis