Daar is baie gru stories oor Suid Afrika se misdaad, veral in Johannesburg. Daar is sekere maniere wat ‘n mens jou kanse van slagoffer wees kan verminder. Hier is ‘n paar veiligheids wenke om te onthou is jy na Johannesburg toe kom:
Jy kan veilig ‘n kar huur in Johannesburg deur ‘n betroubare agentskap te kontak of te besoek.
Plaas waardevolle besittings in die kattebak om dit buitesig van rowers te hou.
Stop altyd ‘n paar meter van die motor voor jou af sodat jy bewegingsruimte het indien jy vinnig moet wegtrek.
As jy laat in die aand ry, wees bewus van alles en almal om jou, veral wanneer jy by ‘n verkeerslig stop.
Moet nie onnodig in gevaarlike areas rond ry nie. As dit noodsaaklik is dat jy deur sulke areas moet ry, verwyder jou juwele ensovoorts voordat jy daarheen gaan.
Sluit jou deure, veral as jy ‘n sentrale sluitstelsel in jou kar het want dan is al vier deure kwesbaar.
Dit is nie nodig om in vrees te lewe in Johannesburg nie. Dit is meerendeels veilig en misdadigers sal nie uit hulle pad gaan om jou spesifiek aan te val nie. Wees net oplettend en slim omtrent jou omgewing en gedrag.



