Wat om te doen na jy 'n motor huur by Johannesburg lughawe

Daar is soveel om in Johannesburg te doen dat as jy verveeld is is dit werklik jou eie skuld. Wanner jy arriveer onthou om jou motor te huur by Johannesburg lughawe, nie dat jy maklik daarvan sal vergeet nie. Val sommer dadelik in die pad en gaan besoek die Sterkfontein grotte om uit te vind waar presies ons as mense vandaan kom. Die uitstalling sentrum neem jou verby die opgrawing plek van die beroemde Mev Ples se fossiele. Die Sterkfontein grotte het nou ook ‘n restaurant en konferensie fasiliteite wat dit meer lewensvatbaar maak vir beide skool uitstappies as ook besigheids vergaderings ens. Die Universiteit van Witwatersrand besit die Sterkfontein grotte wat ook ‘n Wêreld erfenisgebied is.

Wetenskaplikes van WITS het daar die amper heel geraamte “Little Foot” gekry. Die geraamte is meer as 3 miljoen jaar oud. Hulle het ook klip gereedskap gekry wat meer as 2 miljoen jaar oud is. Die toere by die grotte loop elke dertig minute. Dit begin bogrond en dan vaar besoekers diep in die grotte in. Dit word aanbeveel dat jy gemaklike klere en skoene dra as jy op die toer wil gaan. As jy engtevrees het is die grotte nie vir jou nie aangesien daar nou padjies en draadjies is waar jy moet deur druk.

ShareThis