Hoekom outomatiese motor huur in Johannesburg

As jy nie gewoond is aan verkeer nie word dit voorgestel dat jy ‘n outomatiese motor huur in Johannesburg. In spits tyd sal jy moet weet hoe om die koppellaar te beheer en dit kan hoogs versreurend raak as die kar die heeltyd stol. Kry vir jou ‘n outomatiese kar en doen iets wat jou sal laat ontspan. Die Leeu Park in Muldersdrif is die perfekte rustige dag uit. Die Leeu Park is meer soos ‘n dieretuin as ‘n wild reservaat in dat dit ‘n redelike klein park is en dat die diere in kampe is. Die leeuwelpies se kamp is die hoogtepunt van die park. ‘n gids lat jou by die kamp in en dank an jy met die leeuwelpies speel. Hulle is heelwat groter as wat jy aanvanklik dink en as jy nie versigtig is nie, kan een van hulle jou onkant vang en baie seer krap met hulle reuse pote. Daar is ook ‘n platform van waar af jy ‘n kameelperd kan voer. Sy lang, sterk tong flits so vinnig uit sy mond en draai om jou hand dat as jy gril vir diere spoeg is dit beter om die een ‘n mis te gee. Beëindig jou uitstappie met ‘n draai deur die leeu kampe en ervaar die besonderse diere reg lanks jou kar.

ShareThis