Jy hou vakansie in George. Dit lyk nie of daar veel is om te doen nie en jy is lus vir so bietjie avontuur. Jy moet ‘n motor huur in George en Knysna se kant toe keer. Net so uur se ry anderkant Wilderness is die mooiste strandmeer wat deur die Knysna koppe vloei. Maak seker dat jy vroeg oggend hierna toe kom sodat jy die hele dag het om daar te spandeer. Gaan na die Waterfront toe waar jy kan reël dat jy oor die strandmeer kan kayak en aan die ander kant gaan bergklim. Jy klim tot heel boaan die Knysna kop wat aan William Smith, die beroemde wiskunde onderwyser behoort het, . Die uitsig van hierbo is werklik asemrowend. Jy kan vir myle ver oor die see kyk en ook sien hoe die branders teen die Knysna koppe breek. Die avontuur sport mense het ‘n platform daar gebou en so ingerig dat jy daar af kan abseil en ‘rap jump’. Dit is baie bevrydend om die honderd meter teen die klip af te hardloop en is ‘n ervaring wat jy nooit sal vergeet nie. Jy kan dit oor en oor doen maar wees gewaarsku dat jy nog ‘n paar kilometer moet bergklim en terug kayak om weer by jou kar uit te kom.



