Beste redes vir kar huur by George lughawe

As jy ‘n passie het vir die natuur en ook daarvan hou om te bestuur, maak jouself gereed vir die vakansie van a leeftyd. Pak jou tassie en bespreek jou vlug George toe asook jou voertuig wat jy sommer daar kan oplaai. En hier is die beste redes vir kar huur by George lughawe: die pragtige passe.

Die Montagu Pass: Aangesien a pad oor die Outeniqua Berge benodig was is die pass is in 1844 gebou deur 250 bandiete en dit het hulle drie jaar geneem om die pad te voltooi en het R71 000 gekos. Die pas is vernoem na John Montagu, die koloniale Sekretaris. In die ou dae het dit drie ure geneem om oor die pas te kom. Vandag vat die so 15 minute om deur te ry maar jy sal definitief ‘n paar keer wil stop om fotos te neem van die beeldskone natuur wat jou omsingel.

Die Swartberg Pass: As jy so entjie deur George ry na Oudtshoorn toe sal jy die Swartberg pas tee kom. Dit word beskryf as een van die mooiste passe in die wêreld en alhoewel dit gevaarlik voel, is dit nie eintlik nie. Die Swartberg Pass vorm deel van die Swartberg Natuur Reservaat.

ShareThis