Geleë tussen die Nahoon en die Buffels riviere lê die pragtige stad Oos London ook genoem Buffalo City of Sonskynstad. Vir jare lank al is hierdie stad bekend vir die jaarlikse motorfiets byeenkoms; beter bekend as die Buffalo Rally. Die vraag: waar kan ons ‘n kar huur in Oos Londen word gedurende die tyd baie gebruik veral deur familie wat ook graag die kusstad wil besoek.
Hier word ook jaarliks die groot Henley regatta gehou wat derduisende roeiers en hul familie lok aangesien daar junior en senior roeiers meeding.
Net buite Oos London is daar ‘n natuurreservaat wat sowat 3000 hektaar beslaan. Dit strek van die Groot Kei Rivier in die noordooste al die pad tot by die Tylomnqa Rivier in die suidweste.
Daar is ook ‘n pragtige gholfbaan wat al 6 SA ope toernooie aangebied het.
In Desember 1931 is die akwarium by Oos London geopen wat dit die oudste akwarium in die land maak. Meer as 400 spesies vis maak deel uit van die tentoonstelling, asook ‘n robbe vertoning.
Die museum berg die enigste Dodo eier wat nog bestaan asook ‘n Seelakant.
Moet asseblief nie vergeet terwyl jy hier is om ook sandplankry te gaan doen nie by Bonza Baai se massiewe duine nie.
Voorwaar ‘n stad met vele geheime.



