Jy toer deur die land. Jy was nou al ooral gewees en het al die avontuur sporte en aktiewiteite gedoen en jy wil nou net ontspan. Jou laaste stop is Durban. Daar is so veel op jou te doen lysie en jy sien net nie kans om heen en weer te hardloop nie. So hier is die plan:
Jy moet ‘n luukse motor huur in Durban – niks te groot nie, net baie gemaklik
Ry uit na die Valley of a Thousand Hills: dit is maar 25 minute buite Durban en jy kan rustig sit en kyk hoe die duisende berge in die Umgeni Rivier in val. Daar is wild reservaarte ook en as jy lus het, ry deur een of twee.
Vat die pad na Durban se botaniese tuine. Gestig in 1849 is die tuine die oudste oorlewende botaniese tuine. Jy kan of op ‘n geleide toer gaan of jy kan eenvoudig ontspan en na die groot verskeidenheid sikadees kyk en jouself ook bewonder aan die tuin vir blindes.
Om jou dag af te rond, ry deur na die Hluhluwe-Imfolozi Wild Reservaat en spandeer so bietjie tyd daar. Daar is ‘n groot verskeidenheid akkomodasie opsies so jy kan besluit hoe om beste jou vakanie af te rond.



