Danksy die hawe is daar kar huur in Durban

Al ooit gewonder waar meeste van die goed wat Suid Afrika in en uitvoer beland? By Durban hawe, dis waar! Gaan kyk gerus, nadat jy ‘n kar huur in Durban, waar dit vandaan gekom het. Die kar terminaal by die hawe is die grootste invoer en uitvoer fasiliteit vir die motor bedryf. Dit is nie alleenlik karre invoer nie, dit is alles van kos tot bou materiale. Durban hawe was een van die min natuurlike hawes aan die ooskus van Suidelike Afrika en het dus die hawe van keuse geword. Dit word verneem dat dit hier is waar Vasco da Gama met sy skepe gedok het in 1497. Die eerste hawe meester was in 1840 aangestel en Durban het van toe af tot nou in een van die grootste en besigste lading en berging depot in die suidelike halfrond ontwikkel. Die hawe is oop 24 uur ‘n dag, 365 dae per jaar. Die pad en spoor netwerk vanuit die hawe is meer as genoegsaam om die in en uitvoere in en uit die hawe te kry. Die hawe het ook ‘n passasiers terminaal vir die vragskepe wat meerendeels gedurende die somer maande bedryf. Daar is gewoonlik ook ‘n huishoudelike vragskip wat na die Mosambiek en Indiese Oseaan se eilande vaar.

ShareThis