Jy moet 'n motor huur in Kaapstad en by Robbeneiland kom

As jy ‘n motor huur in Kaapstad het jy geen verskoning om nie Robbeneiland te gaan sien nie. Na Tafelberg is dit die Kaap se mees beroemde landmerk. Nelson Mandela het Robbeneiland so beroemd gemaak omdat hy vir jare daar aangehou was as politieke gevangene gedurende die apartheid era. Robbeneiland is al van die laat 1600s as ‘n tronk gebruik. In die oorlog jare was dit ook as ‘n hospitaal gebruik vir mense wat melaats was asook die wat kronies siek was. Vanaf 1997 is Robbeneiland ‘n museum wat fokus op die geskiedenis van ons politieke gevangenis en die stryd wat hulle deur gegaan het gedurende apartheid. Om by die eiland uit te kom kan jy ‘n boot rit neem wat omtrent ‘n halfuur duur. Daarna kan jy op ‘n geleide toer om die eiland gaan waar hulle jou van die geskiedenis vertel en vir jou die beroemde tronksel wys waar Mandela gebly het. Die uitstappie neem ongeveer 3 ure. Daar word jaarliks ‘n swemkompetiesie gehou waaraan duisende mense van die Kaap af na Robbeneiland toe swem. Die afstand is 14km en die water is yskoud. Die swem marathon is definitief nie vir beginners of bangbroeke nie.

ShareThis