Kar huur het sinoniem geword met vakansie, pret, rondjakker en ja besigheid ook.
Jare gelede was die huur mark slegs op piektye ten volle benut. Met Suid Afrika wat nou tot sy eie reg kom is dit ‘n ander storie. Daar is eweskielik meer rolspelers maar nogtans is die mark grootgenoeg.
Suid Afrika bied reg deur die jaar in al die provinsies sportgebeure sowel as kulturele aanbiedinge aan.
Hoof sportsoorte in Suid Afrika is; sokker, rugby en krieket wat die meeste toeskouers trek. Hier word ook gereeld wêreld kampioenskappe gehou en Suid afika is bekend dat ons kan instaan op die laaste nippertjie soos al gebeur het in krieket. Die 20/20 krieket het hier sy ontstaan gehad.
Kultuurfeeste is onder andere die Grahamstadse kultuurfees, die KKNK of te wel die Klein Karoo Nasionale Kunste fees by Oudshoorn. Pietermaritsburg het ook sy eie fees.
Daar is ook musiekfeeste wat wissel van die Kaapstadse Jazz fees tot Oppiekoppie in Northam. Ook word daar musiekfees gehou Potchstroom en Heidelberg.
Suid Afrikaners roem daarop dat ons weet hoe om ons goeie weer te benut. Op 24 September elke jaar is dit Nasionale Erfenisdag wat ons omskep het in Nasionale braai dag.
Suid Afrika is die plek om in te wees!



