Sien die kasteel nadat jy 'n kar huur in Kaapstad

As jy nie lus vir die alledaagse toeriste storie in die kaap nie kan jy ‘n kar huur in Kaapstad en rond ry tot jy kry wat jou hart begeer, of ten minste iets anders. Dit sal dalk moeilik wees om te besluit aangesien Kaapstad so ‘n mengelmoes van opwindende goed is maar daar is altyd iets wat net bietjie meer uitstaan as die ander. Die bekende kasteel, die Castle of Good Hope is ‘n goeie plek om by te begin. Die Castle of Good Hope is in 1666 geopen in die Kaap en staan tot vandag toe, tenspyte van al die kere wat daar gedreig was om dit plat te slaan. Die Castle of Good Hope is ‘n voorbeeld van Duitse klassieke bou styl van die 1600s. Die kasteel was deur soldate, slawe en matrose gebou om as ‘n herverfrissingsstasie te dien vir die Hollandse Oos Indiese Kompanje. Tot vandag toe is daar ‘n sterk militêre teenwoordigheid by die kasteel. Matrose sou by die Castle of Good Hope stop nadat hulle vir omtrent ses maande al op see was. Dit is geen wonder dat hulle die kasteel so bewaar het nie! Die moot en die kasteel was in 1995 gerestoureer en staan nou hopelik vir ‘n verdere 300 jaar.

ShareThis