Die Kaap is weereens voor met krag ontwikkelinge. Jy kan jou kostes verminder en ook omgewings vriendelik wees wanneer jy ‘n kar huur by Kaapstad lughawe, huur een kar vir ‘n groep mense. Deesdae is die ‘groen’ die word op almal se lippe. Die omgewing is besig om sleg tweede te kom omdat ons nie bereid is om ons slegte gewoontes te verander nie. Almal neem hulle eie karre werk toe. Ons herwin nie ons vullis nie. Ons fabrieke pomp giftige gasse in die lug en ons steenkool krag besoedel ons water en ons lug. Maar die regering is besig om te dink aan maniere om die probleme op te los. Een van die maniere is om alternatiewe kragbronne op te spoor. Een van die kragbronne is wind krag – ‘n hernubare, goedkoop en omgewings vriendelik kragbron. Die eerste windkrag stasie is in Darling in die Wes Kaap gebou. Dit is ‘n Eskom inisiatief om te kyk hoeveel krag so ‘n windplaas kan wek. Huidiglik verskaf die windplaas aan die Kaapse Munisipaliteit. Alhoewel die kragbron omgewingsvriendelik is is dit vreeslik duur en alledaagse Suid Afrikaners sal dit nie kan bekostig nie. Daar is hoop dat die koste van windplaas stig in die volgende paar jaar sal daal maar tot dan is windkrag nie toegangbaar as groen kragwekking vir Suid Afrika nie.



