Wonder jy waar om te bly as jy in die Vrystaat moet wees? As die hoofstad van die Vrystaat is Bloemfontein die beste plek om te bly, of jy nou daar is vir besigheid of vir plesier. Ook bekend as die “Stad van Rose”, Bloemfontein is ‘n pragtige stad wat amper presies in die middel van die provinsie lê en is dus die ideale plek om te wees as jy moet rond beweeg. Doen jouself ‘n guns en teken vir jou 'n reis plan op. Begin so:
Bespreek vir jou ‘n vlug na Bloemfontein Lughawe
Jy kan gerieflik ‘n motor huur by Bloemfontein lughawe
Koop ‘n padkaart
Besoek die wonderlike mengelmoes van historiese geboue tot en met die moderne geriewe.
Bly ‘n ekstra dag.
Bloemfontein is nie net in die middel van die Vrystaat nie maar ook omtrent in die middel van die land. As gevolg van die strategiese plekbepaling is Bloemfontein die middelpunt van ‘n groot hoeveelheid reisroetes en baie mense oornag daar terwille van die gerief. Die lughawe is rofweg 30 km van die Bloemfontein middestad waar jy verskeie soorte akkommodasie sal kry, as ook resturante, kroeë en laat aand kuier plekke. Daar is geen rede vir ‘n besigheidsman of ‘n toeris om verveeld te wees in Bloemfontein nie.



