Benodig jy kar huur in Bloemfontein om by jou konferensie fasiliteite uit te kom?

Vir ‘n wegbreek wat jy nie maklik sal vergeet nie is Maselspoort ‘n moet sien. As jy nie van daar naby is nie, kan jy in vlieg en ‘n kar huur in Bloemfontein want Maselpoort lê net 23km buite Bloem. Maselspoort is vernoem na Meneer Masel wat in die vroeë 1900s die land besit het. In 1927 is die Boyden Observatory daar gebou en staan tot vandag toe nog daar vir mense om sterre te kyk. Maselspoort is van toe af al ‘n besoekers paradys en het tot die koninklikes van Engeland gelok. Vandat die oord in 1933 op die oewer van die Modder Rivier gebou is is dit een van Bloemfontein se beste toeriste aantreklikhede. Maselspoort is in die droë Trans-Gariep area van die Vrystaat en word besit deur twee plaaslike mans wat ‘n passie het vir die land en die mense. Die oord het konferensie fasiliteite wat enige besigheids funksie of span bou met gemak sal kan hanteer. Daar is ook sport aktiwiteite vir die kinders wat vir ouers ‘n lekker blaaskaans sal gee om ook hulle naweek of vakansie te kan geniet. Daar bestaan tot die moontlikheid om daar vir jouself ‘n stukkie grond te koop en jou eie persoonlike ‘oord’ daar te stig.

ShareThis