As 'n mens dink aan wat om te doen in Bloemfontein is avontuur sport die laaste ding waaraan jy sou dink. Maar daar is tonne avontuur sport en buitelugse aktiwiteite om jou besig te hou. Besigtig die internet vir motor huur Bloemfontein en terwyl jy dit opspoor, kyk sommer na die verskillende avonture wat aangebied word in Bloem. Prys gewys wissel dit van verniet tot heel bekostigbaar tot en met baie duur, alles afhangend van wat dit is wat jy wil doen. Vir die minder avontuur junkie is daar 'n wandeling in die Botaniese Tuine, die Kuns Museum en Sterre kyk by Boyden Observatory. Vir die wat daarvan hou om hulle longe uit te skree is daar valskerm spring as ook 'n verskeidenheid aksie sport by Bloemfontein se binnenshuise aksie sport sentrum. Met Bloemfontein se yskoue winters kan jy verseker wees dat jy iets sal wil doen wat jou bloed sal laat vloei. Andersins kan jy 'n plekkie uitsoek met 'n heerlike kaggelvuur en snoesig saam met iemand warm bly. In die somer is dit net die teenoorgestelde. Dit is heerlik om buite in die son te wees en die pragtige omgewing te waardeer. Net so entjie buite Bloemfontein is die Golden Gate Nasionale Park, een van SANParks se mooiste parke. In die somer is dit gras groen en kan 'n mens vir myle stap oor die goue berge. In die winter is jy dalk gelukkig genoeg om spierwit lande te sien as dit sneeu.



